Vraag 1.i. Beskryf pyn (x)
Bring dit onder woorde
hierdie stomp byl deur my binneklip,
‘n kotskeel dowwe knop
skreeuend sonder klanke.
Tem dit met beeldspraak
en omskrywing – eina is net babataal –
sonder lig sonder hoop sonder . . .
Uiteindelik is excruciating
skrynend pynlik, eensaam
soos die hel,
maar
‘n swaard uit rots
in die hand van ‘n Koning,
word die kruis wat my seer kan
volbring.
© Charleine Collins 9 Desember 2018
Foto: https://www.canstockphoto.fr/pierre-excalibur-chevalier-enlever-34486547.html
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
See-Jay-El
Vanoggend het die impak van "eina is net babataal" my getref. Dis so raak gevat, want hoe verwoord mens daai pyn wat mens soms so bloots ry. Miskien is die intensiteit van die kinderlike eerlikheid die krag van die woord. Besonderse vergelyking wat tref met jou eie pyn en die die hoop van n koning wat die pyn kan verlig.