Jongste aktiwiteit:

Amber tot Skarlaken

Amber die lig
deur die vog
in my glas
wat warm
afgly

in my keel
maar verkleur
tot skarlaken
en karmoesynrooi
waar dit
weer uit
my arm
uit vloei

Die son
sit al hoog
maar die
skemer
is sterk
en die glas
word al
swaarder
al loop dit
nou leeg

en my
brilglase dof…
gelate
die moegheid
my kop sak
vooroor

en die amber
verdwyn
al wat
oorbly
die drup
en skarlaken
se rooi
bring
die
nag…..

© 24-05-2011 Anton Bosch




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed