Jongste aktiwiteit:

Lien se wedloop

Lien se wedloop

Lien leef nog altyd in die skadu van haar prestasies.

Op skool moet ’n mens die beste wees: die hoogste punte kry. Wanneer haar vriendinne oor hulle prestasies praat, glimlag Lien, terwyl die knop in haar maag stywer trek.

Dit is makliker om saam te hardloop as om te vra waarheen almal jaag.

Tot vandag.

Op haar skerm staar die nuwe opdrag terug:

My Opinie-projek.

Lien se vingers bewe bo die sleutelbord. Wat is jou standpunt oor hierdie gejaag, Lien Meiring?

Haar oë dwaal na die medaljes, trofeë en sertifikate. As sy dit soos lae ou verf van haar afskraap, wat bly oor?

Is sy net goed genoeg wanneer sy wen?

Sy maak haar oë toe. Sy sien die wekker ná middernag, koue koffie en sperdatums wat nader kruip. Wanneer iemand anders wen, dink sy:

Dit moes ek gewees het.

Sy haat daardie stem. Sy haat dat ’n vriendin se oorwinning soos haar nederlaag voel.

Lien plaas haar vingers op die sleutelbord.

Sy tik.

Die woorde vloei soos warm ink oor die skerm. Sy skryf oor druk wat saans saam met haar bed toe gaan. Oor kinders wat leer om mekaar verby te hardloop. Oor sukses wat nie beteken dat jy beter as ander is nie, maar dat jy jou eie pas vind.

Lien tik die laaste punt en asem stadig uit.

Dalk sal hierdie opinie haar nie ’n eerste plek besorg nie.

Maar dit is hare.

Stuur.

Uiteindelik wen Lien haar eie wedloop.

©MarleneErasmus

29/09.2026

(244 woorde)

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed