‘n Halwe waarheid
‘n Halwe Waarheid
Deur: Ryno du Plessis
Tussen skuldgevoel en beter lyk word die waarheid met ‘n draai ontduik.
Dit is mos nie ‘n leuen nie, net so bietjie by die waarheid geleen.
Sou dit jou beter laat voel, of moes ek steun op ‘n leuen?
‘n Leuen bly ver van waar die waarheid heers—twee koninkryke, sou jy dit so wou lees.
‘n Halwe waarheid versteek die volheid, lei tot ‘n storie wat uit die grond uitspruit.
Sonder enige been om op te staan, sweef die halwe waarheid, terwyl die leuen op sy eie bene staan.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.