
BLARNEY (Ierland)
BLARNEY (IERLAND)
Teen styl kranse en oor hoë mure loer
die geeste van gestorwe voorvaders
met ‘n glimlag na menigte toeriste;
hulle wat in bygeloof en mite
die verslete kliptrap klim
na die belofte van welsprekendheid
Ook die feë loer om varing en blaar en
dans om paddastoele en lowergroen gras
skrefiesoog nuuskierig
na die honger siele van
verdwaalde reisigers wanneer
hulle pennies los op ‘n mosbedekte stomp
Gladde nou klipstrate blink
in die misbelaaide lig terwyl
fyne druppels in my hare glinster
en Blarney se gasvryheid,
my hart vul met soete beloftes
van liefde, rus en ongebonde geluk
Kopiereg Lynne Lexow 2018
Net ter inligting : Blarney is a village just outside the city of Cork, in southwestern Ireland. Its 15th-century Blarney Castle is home to the legendary Blarney Stone, said to give the “gift of the gab” to those who kiss it. Extensive parkland surrounding the castle features a network of trails, themed gardens and the large, turreted Blarney House. A 19th-century building in the village centre houses the former Blarney Woollen Mills. (Komplimente Wikipedia)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2018 projek