Jongste aktiwiteit:

Encore

Druk ‘n knoppie om die hek oop te vlek.
Sluit die sedan en groet die honde.
Organiseer die kospotte
Wag vir die hek…

‘n Stem by die deur wat groet in algemeen.
‘Die TV se geraas en kinders se geskree.
Hy verkies wingerdsap bo koffie of tee.
Een word twee…drie en meer.

In walms van oorgebruik
Skend hande van wellus die eer van ‘n vrou
Struikel ‘n tong oor woorde wat ‘n kind se siel sal knou
Bar en kru…

Woorde wat walg in walms van wellus,
Strompel in sirkels om…en…om…
Donker gedagtes dobber op die oppervlak
Depressie in die bodem van die volgende leë glas.

In die newels van beskonkenheid,
Word waarheid verwronge,
Word sý die oorsprong van sy ewige dors…
Hy, die enigste regter, het reeds haar lot besleg!

Stom in die môre…
Gisteraand…net ‘n waas
Maar sy voel die pyn…
En haar kind die seerkry….

Maskerade en pretensie…
Vrees wat klem…
Vanaand is weer repitisie…
Wie het “encore”geskree!

Geknakte siel…verniel,
‘n Knieg gebuig, ‘n stem wat smeek…
Laat dit net ‘n einde kry…
Leeg getap. Wat is vry?




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed