Jongste aktiwiteit:

‘n Smeekgebed te Laat

‘n Smeekgebed te Laat

Deur: Ryno du Plessis

‘n Lewe hemels geleef, alles wat my hart begeer.

Wie kan my tog keer, want hier is ek in beheer.

God kan wag tot ‘n ander dag. Ek sal later vra vir nuwe krag.

Die wysheid van ‘n dwaas.

Tyd het uitgeloop. God sê: “Ek het jare lank vir jou gewag. Vandag was reeds jou laaste dag.”

Skielike hitte vlam nou op. Ek hoor geluide, sien bekende gesigte.

My siel raak swaar soos gewigte.

Huilend kom die koorgebed, stemme weergalm. Niemand hier is kalm.

Kon ek maar God aanbid het toe ek nog op aarde was, toe al gesmeek het vir genade.

Hier in die poel van vuur word gebid soos geen mens dit ken.

Maar ongelukkig is dit ‘n smeekgebed— net te laat.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed