AS DIE SKOOT KLAP
AS DIE SKOOT KLAP
skielik sluk die donkernag die son in
diep donker vrees soos brulsand pak sy hart
hou jou snawelbek stil, nagtegaal!
sy ore suis ñ eie deuntjie
na ñ trefskoot se sweepklap
adrenalien pleit onskuldig teen hoë spoed
ñ doodsroggel en ñ laaste blêr
terwyl die doodsengel geduldig wag
om sy laaste sê te sê
Voor sy pronk in muskusgeur groet
vriendloos loop ñ uitskopram alleen
teen die hoogste duin as uitkykpunt
wasemasem vreesagtig in verkennersbespied
waar loop die trop? waar moet hy heen?
waar gaan die jagter volgende skiet?
veldtaktiek om diè jagseisoen te oorleef
om weer ereplek
in die trop te vind
dis hemel tussen sy eie dragtige harem-ooie
sonder om aan die jagseisoen se hel te dink
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.