Jongste aktiwiteit:

Melodie vir die maan

Melodie vir die Maan

Deur: Ryno du Plessis

Saans, as die maan skuins begin staan, kort voor hy die hemel se hoogtes haal, sing die natuur haar laaste sang soos die dag stilweg weggaan.

Voëltjies kom tot rus, dalk maak die nag hulle bang.

Dagtake afgehandel, elkeen begin sy eie gang.

Skrop solank die nes, los die res om môre klaar te maak.

Onder die groot ou kremetart gaan maak ek myself plat.

Tokkel ek op my kitaar, speel ’n melodie vir die maan op elke snaar.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed