Snare van alle kleure
Snare van Alle Kleure
Deur: Ryno du Plessis
Deur noue strate en hoë geboue kom die klanke van goue jare. Jy voel die musiek in jou are.
Opgewekte stemme lag en sing saam met hul gunsteling akkoorde. Die gesang klink uit alle oorde.
Sou jy dit maak tot onder in die straat, gewaar jy die man met sy bont gewaad. Hy kan ’n kitaar laat praat.
Sy hande gly oor elke snaar, druk die note so vry en sonder moeite uit.
Die mense van die dorp praat van hom as die man van snare vol kleure.
Sy musiek neem almal terug na ’n goeie verlede.
In onbekende strate loop ek voort, luister na die man van kleure en geniet my reis hier in die hede.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.