my kwas gly
–
beskryf nou
wat ek sien
een droom
ja jakobien
–
op sewentien
sal jy ontluik
jou kelkblare
sal begin tuit
–
na twintig
sal jy wees
hubaar ook
wat ‘n fees
–
nou is jy net
een skepping
een droom ja
een enkeling
–
net stilstaan
en wonder
hoe is jy so
‘n besonder
–
is my stem
volslae stil
net my oog
deur ‘n bril
–
sien ek reg
‘n appelkoos
perske wang
regte roos
–
altyd my hart
sal jy verbly
een landmerk
ry nooit verby
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.