na
na alles nog dit ook
gesonde nabetragting
nie historiese wroeging
geen nalatige verwoesting
die naboom se melksap brand
so verskroei bitter verwyte alles
van alles en nog wat, is na alles
nog altyd die slegste af – finaal
so sonder hoop of geloof
sonder hoeksteen
sonder toekoms
wat is die jeug
sonder drome
vir hulle is
na alles
nog nie
iets
nie
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.