Gister in sy Boks
Gister in sy Boks
Deur: Ryno du Plessis
Gister het ek gelewe om ander te oorleef.
Soveel goed en kwaad kon ek beleef.
Vir ander was dit sonde, vir my ’n les. Elke dag van my lewe gee ek my bes.
Sou ek tog perfek kon wees, sou die lewe steeds dieselfde wees?
Maak nie saak wat jy is of hoe jy leef nie— iewers sal daar altyd opinies wees.
Uit my gister kon ek leer. Vergeet wat die mens wil hê, laat jou lei deur God se Gees.
Gister is in sy boks gepak, nie om vir ander weg te steek nie, maar om eendag weer uit te haal en daaruit te leer, sou ek weer iewers in môre vassteek.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.