Jongste aktiwiteit:

Verganklik (Italiaanse sonnet – petrarca)

Ek voel die winter in die somerbries
vroegmôre deur my kamerruite waai
en buite word die doringboom verraai.
In sy elk’ blaar skuil daar ‘n soort verlies –

die herfs lê immer in die wind se kies.
As suidoos na die noordwes begin draai
word fyn loof om die skilferstam* gesaai
die najaar bly die draer van die nuus;

die lewe’s net momente in ‘n uur
bloot die polsslag wat ritme in ‘n dans
‘n oomblik in oneindigheid se tyd.
Soos ‘n vonkie wat knetter in die vuur
of ‘n ster verskiet teen die hemeltrans –
‘n groot oorwinning én verlore stryd

*skilferstam – papierbasdoring (Acasia species)

© Carma Shaw
21 Januarie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed