Jongste aktiwiteit:

bagger

 

 

op my stadige boot

bagger ek vandag al die laste

die slegte herinneringe van weleer

om plek te maak vir dieper, beter dinge

gedagtes wat skoon van lyding is

die blote oopkrap van ou dinge

kan pynlik wees en die trauma

daarvan kan mens negatief

maak in jou eensaamheid

daarom is die beste

om skoonskip

te maak

alles

wat seermaak

doelbewus

uit te wis

te vervang

met die mooi

van elke

nuwe

dag

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed