Jongste aktiwiteit:

Terugskouing

Terugskouing

Eeuelank
skree die meeue skor ons
vier ons vryheid in helder
bloulug, rotse en strande,
met sappige swartmossels
te verpletter op die rotse!
Ek in terugskouing
antwoord en skree saam in
die koor van wind en weer met
geruis van getye se eb en vloed
hier waar ek op die rotse sit,
neem hierdie hart van my
laat val dit ook en breek dit
te pletter oop op die rotse
soos die swartmossel se skulp
en wag vir die gety om al die
verdriet en verlanges skoon
met soutwater uit te spoel!

Janetta – Helena [Babs] ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed