Onverganklik Ewig
Onverganklik Ewig
Die slaap wyk
na die mooi operaprogram
want die pragtige stemme se
naklank draai nog in my kop,
almal van divas reeds vort na
die anderkant maar hul stemme
bekoor ons steeds dog vir hoe lank
eer hulle in vergetelheid versink,
nuwe stemme betree die verhoë – – –
Beroemde komponiste en sangers
leef tegnologies voort in klank en vers
en beroemde skilders se werke soos
goud bewaar in veiligheid van museums – – –
Boekekennis raak verouderd, die kennis
vermeerder, alles word uiteindelik verban
tot stowwerige argiewe obsoleet vergete,
maar die Woord alleen bly altyd nuut
onverganklik, ewig – – –
Janetta – Helena [Babs] ©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.