Uithou soos ñ vlieg
Uithou soos ‘n vlieg
Zzzz, zzzz, zzz…
sit, stop en begin
dan weer.
Klap, klap —
dit was mis.
Spring die vlieg
tot sy volgende voer.
Humeur woed op,
en vlieg ploeg voort.
Handjies saam,
kom sit hy
maar net weer.
Sou die plak hom dalk raak
en hy sou slaan,
sit ou vlieg
en weet:
hy het sy bes gedoen.
Net as jy dink
jy het gewen,
drom die dooie vlieg
se groot familie
net weer saam.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.