Jongste aktiwiteit:

Die eggo van jou

Ek stuur vir jou
ʼn goudgeel Wydoogblom
uit die Cederberg
die saffierblou lug
iewers in die snikhete stilte
die roep van die wind
ek stuur vir jou die storie
wat homself vertel
teen die rooi krans gebergtes
toe gekoevert
die uitgestrekte dag
wat op die oranje gloed
van die aandlug wag
dra my koevert met jou saam
in my Cederberg herinnering
eggo jou naam




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed