Jongste aktiwiteit:

. . . as jy kon sing

Jy – wat my liefhet –
weet waar om die sterre te vind
tussen rotse op die strand.
Pasgebore geitjies
en die kuiken van ‘n kolgans
voel veilig in die palms van jou hande.
As ek jou vra oor die voëls van die hemel
en die aarde en die water
– dan ken jy elkeen by die naam.

Alles wat gebreek is, maak jy heel.
Jy help my dra aan elke las
– ek rank my aan jou heelal vas.

Daar is blydskap in jou oë as jy my sien
en na soveel somers
lees ek nog verwondering
in die bloutes van jou kyk,
in jou glimlag
wat nooit wyk nie.

Jy soen my teen my voorkop as ek slaap.

En liefde bely
in die mooiste neurie-klank
sou jy na my hartsoor bring
. . . as jy kon sing.

© Carma Shaw
13 Februarie 2017




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed