
In die koesterkolle van die son
Van sandstorms
waai oor die
goue woestyn
en die maan
silwer strepe verf
oor ‘n droomland
Land waar die sonbesies lag
warm son ons lywe koester
ons spore in die sand
– langs mekaar,
– verby mekaar,
– uitmekaar!
Drome wat nie wyk,
wat ons terugneem
op ‘n pad wat was
‘n onuitwisbare pad!
Band van gister,
van nou, van môre!
Jy is in hierdie land
hierdie land is in jou!
ons drome, my drome …
en jy die een wat ek liefhet!
liefde bely in die mooiste neurie-klank
al die stukkies van gister
laat my blinkoog lag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek (Lees net die opdrag mooi deur asb)