Liefde met drukkies
Jy is my altyd-luister-oor
jy gee my nuwe perspektief
die lig in my lewe
die sonskyn in my dag
Jy is in my drome
neem my gedagtes oor
jy is die lyngrafiek wat deur
my hart loop
die eenheid wat saak maak
Ons liefde is enkelvoudig
saamgestel en kompleks
jy is die geldige antwoord
my basis my hoogte
my lengte my breedte
my waarskynlikheid van liefde is
jy …
liefde bely in die mooiste neurie-
klank
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Liefde projek