Jongste aktiwiteit:

veilig (Silwer)

stemfeer die gelofte uit jou hart
onverskrokke in trane smart
Here, ywer tog vir ons part
merk dit diep in die hart

oë ontmoet mekaar
maak tog U beloftes waar
in nood kant en klaar
wees stil en weet Ek is daar

vyande het hul kiekies verander
slinkse planne geensins skrander
golf op golf; brander op brander
Bloedrivier op ‘n nuwe kalender

tooi jou met Sy wapenrusting
nêrens is daar sulke berusting
vrystad Jesus Sterke Vesting
só bly jy veilig in hierdie slagting

© Francois Meyer 16 Desember 2023

stemfeer – kragtig bekendmaak




My naam is Francois Meyer, getroud met n pragtige vroutjie, Jessica. Ek is n trotse pa van vier seuns. Die kewe is ryk aan kosbare waarhede wat ons gedagtes daagliks vul. Soms het ons die moed om dit op papier neer te pen sodat ander dit kan lees. Hoop jy geniet die lees soos ek dit ook geniet!

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed