Jongste aktiwiteit:

Vrede bo veldslae.

Vrede bo veldslae.

 

Volgens die woordeboek is ʼn veldslag ʼn selfstandige naamwoord wat beteken daar vind ʼn geveg of ʼn botsing plaas tussen twee of meer leërs, gewoonlik op ʼn oop veld. Dit is egter nie al betekenis van veldslae nie. Veldslae kan ook figuurlik gesproke wees as daar verwys word na enige stryd of kompetisie tussen mense of groepe mense.

Daar is ook moderne veldslae tussen verskillende nasies, sakevennote, familie of vriende. Hierdie konflikte kan op verskeie vlakke ontstaan, vanuit politieke spanning tussen nasies tot persoonlike struwelinge of onderonsies binne gesinne. Die nodigheid van hierdie tipe veldslae is dikwels ʼn weerspieëling van die kompleksiteit van menslike interaksies en die behoefte aan beheer.

Internasionale konflikte tussen nasies ontstaan dikwels uit ekonomiese, ideologiese of geopolitieke redes. Hierdie veldslae kan baie ernstige nagevolge inhou vir miljoene mense, asook ekonomiese verliese en kan selfs op gewapende konflik uitloop.

Op ʼn meer persoonlike vlak, is konflik tussen vennootskappe, vriende of families baie keer onvermydelik. Geskille ontstaan as gevolge van verskillende persoonlike waardes of oortuigings en onsekerhede. Alhoewel die tipe veldslae nie aangenaam is nie, bied dit dikwels geleentheid tot groei, selfontdekking en selfs versterking van verhoudings.

Ek voel dat die tipe van veldslae heel onnodig is, want dit veroorsaak pyn, lyding, haat en verdeeldheid. Ek is ʼn voorstander daarvoor dat daar beter maniere is om geskille op te los. Daar kan gebruik gemaak word van mediasie, onderhandeling, arbitrasie en regstellende stappe om geskille op te los. Deur gebruik te maak van hierdie metodes word konflik verminder, vertroue word herstel en vrede bewaar.

Moderne veldslae is dikwels nie die gewenste benadering nie, want die onderliggende oorsake van konflik word nie aangespreek nie, dit verhoog net die spanning tussen die partye. Sodoende word daar weer nuwe probleme geskep. Moderne veldslae kan ook baie onvoorsiene gevolge hê, soos byvoorbeeld omgewingskade, humanitêre krisisse, politieke onrus of selfs terrorisme. Dit is ook nie net die omgewing wat geraak word nie, hierdie moderne veldslae kan ook die menseregte en menswaardigheid van die partye skade berokken.

Ek voel dat in ʼn ideale samelewing die noodsaaklikheid van moderne veldslae beperk behoort te word deur die bevordering ban vreedsame oplossings, volgehoue gesprekvoering en die erkenning aan gedeelde menslikheid. Hierdie benadering vra van mense om op ʼn bewuste manier konflik op ʼn konstruktiewe manier te hanteer. Sodoende word ʼn samelewing geskep waar verskeidenheid gerespekteer en gekoester kan word.

©MarleneErasmus

30/12/2023

 

(394 woorde)




2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek

  • Christa D

    Welgedaan, jy raak 'n aspek aan wat so baie "onvrede" veroorsaak. Daar was en is soveel sinnelose veldslae of oorlog. Ek het onlangs 'n fliek gekyk, ware verhaal, van 'n verpleër in die weermag wat geweier het om 'n geweer te dra want hy het geglo hy kan mense red sonder om mense dood te maak. Sy peloton maters kon dit nie verstaan dat hy bereid was om sy lewe op te offer om ander te help. Jou skrywe het my weer daaraan laat dink.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed