NAWEEK 2: ‘n Altaar groter as die kerk
Twee kinders speel in die duitse kleindorpie se enigste straatjie, op en af, heen en weer. Hulle stap aan ‘n gestapelde klipmuur verby, van die soort wat gebou is voordat daar draadheinings was. Daar sien hulle hoe allerhand plante daaruit groei, kruie wat sterk ruik, bossietjies met bessies, verskillende veldblomme en, siedaar! – ‘n rosie in die agterste hoek van die gat waar ‘n groot klip uitgeval het. Hulle kom af en toe verby en sien hoe die rosie al hoe groter word, tot dit eendag, na ‘n jaar of wat, uit die gat uitgroei en hoe die takkies in alle rigtings uitbrei.
„Die roos is groter as die muur,” sê die meisie
Die jare gaan verby, hulle word groter en die seun gaan studeer in die grootstad se universiteit. En hy word Veith Stoss, ‘n beroemde argitek: Die kerkbouer, Veith Stoss. Hy is baie gevraag en reis oral in Europa van die een gemeente na die ander waar hulle hom vra om ‘n kerk te bou; daar bly hy dan meestens ‘n paar jaar tot die nuwe kerk staan. Êrens in Böhmen of Mähren (deesdae, Tsjeggië of Slowakië) sê die plaaslike vors dat hy ‘n altaar groter as die kerk wil hê. Hy sê, dis nie die gebou wat soseer tel nie, maar die altaar waarop geoffer word.
Wa-at?! Dis mos iets onmoontliks, sou mens sê.
Maar die ouere man dink terug aan sy kindheid en bou waarlik ‘n altaar met heiliges op hoë suile en met goudgeverfde strale wat uit die altaarruim uitstraal en in die voorste deel van die kerk tot aan die plafon uitbrei, ja by die voorste vensters uit en in die kerktoring op.
‘n Altaar groter as die kerk.
[Eerste plasing 30. April 2016]
©.2016……………………………………………… † ……………………………………………………..tje
3 Kommentare
-
Anze
baie interessant, dankie Toom
-
neels
Altyd leersaam om jou bydraes te lees Toom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kiekies
Erg treffend Toom! Dankie hiervoor.