Aan al ons lieflike asjassies!
As oupa en ouma net rêrig kon
sou ons vir jul al’s gee: Die maan, die son,
tienduisend sterre om daarmee te speel;
saans weer die wind om jul saggies te streel.
Stringe doudruppels -met sonlig bespat-
sou ons elk’oggend na julle toe vat
om heerlik daarmee ’n drankie te maak
wat na die lente en blomgeure smaak.
Ons sou ook nog vir die man in die maan
-waar hy bleekstil deur die hemelruim gaan-
vra om van bo baie deeglik te loer
of kwaad nie dalk in die skaduwees boer!
Ons sou ook nog, as ons bietjie kon toor,
jul graag die klank van die stilte laat hoor
want Jesus het self na stilte gegaan
om te bid om óns die Heilsweg te baan.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie mooi. Ek het dit baie geniet. :-)