Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Geweld

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 9 Julie 2020 Aantal woorde: 78 323 Kere gelees 9

die rou krag
ontsluit swart energie
in sinkroniseerde ontploffings
wat brul uit agt staal gatte
dryf wringkrag verby
ewewig in dode
swaai kolk.

oë stok stil
in die oomblik van geen beheer
gewig lê in maag
terwyl alles gewigteloos tol
rondom ń staal hok
met lig wat in splinters
breek.

alles ontplof
plastiek bars, skiet, val
son verdof in vaal bruinstof
dan kraak alleen die enjin hitte
in die stilte van die staal kerker
neem stadig bestek
tel ledemate.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 517
Kommentaar telling: 81

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 225 gaste aanlyn

Bydraes – Argief