
Lewens Klippie
As rots gevorm toe,
afgebreek teen veraf rand.
afgespoel met langvergete
storm reën.
Geskommel, gestamp en beroof
van alle onewe rante
verslyp in wit rivier
tot ronde
spoelklip.
Duisende poele deur
mos begroei versag,
vermaal, verklein
eeue later uitgewas
deur bruin rivier
mond.
Die moeder het haar
kind kom haal
met sout skoon gewas
en in wit kombers
toegedraai.
Tel die klippies,
glad geworstel
tot blik juwelle
en proe die sout
lewenskern.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.