
‘n Kwêla lied
ontmoet my vanaand
onder ‘n sekelmaan se buig
waar die naguil roep
en die rooi’jakkals
mistroostig huil
omkring my met jou aura
onder die Mopanieboom
luister na my hart
wat ritmiese met
joune klop
neurie met paddakoor
dan ‘n kwêla lied
op die noot van
krieke viool
vir my om stil te hoor
© Anzè Bezuidenhout
4 Kommentare
-
neels
Anze hierdie een verdien beslis tien gou sterre by my
-
Ronel Janse van Vuuren
Pragtig. Hou van al die nag-geluide.
-
Koekekranka
Ai, Anze, net 'n in-murg-en-been Bosveldmensier kan so uit die naggeluide romanties raak... Pragtig my kind!
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Kandas
Briljant!