Jongste aktiwiteit:

Pille

pille

Pille

Pille uitdeel was groot vermaak
my dierbare ou tante se sêgoed was raak—
Sê tannie Hannie my kind
as ellende eers jou adres vind
gaan jy die wind van voor kry
tydig en ontydig kom hy aangery
soos die spreekwoordelike kat
keer hy terug met die pad—
Nou het my adres uitgelek
en vir die pret besoek kat se kind my plek—
Ek kan nie glo wat het my getref
gesondheid was groot bederf—
Die bril was daar altyd
gedra tot vervaltyd
maar toe kom die pille by
en sal glo vir altyd bly
een twee drie vier
die hele spul my tier!
Ek voel suur,
die katverblyf is duur
met ellende se pille
en al die grille
my adres is nou bekend
en my privaatheid geskend
die lewe sal nooit weer dieselfde wees
alles is publiek en ek voel skoon verwees—-

Janetta – Helena [Babs] ©




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed