Sielsgenoot – Pantoem
Wie het haar sielsgenoot
verwurg met ñ serp?
In die quarrysloot
is haar liefde verwerp.
Verwurg met ñ serp,
o, hoe soet die wraak;
is haar liefde verwerp
lê hy bloubleek en naak.
O, hoe soet die wraak,
hoe het sy gesmeek?
lê hy bloubleek en naak,
toe sy wegjaag op Breek..
Hoe het sy gesmeek?
Huilsing die wind,
toe sy wegjaag op Breek,
soos ñ godekind.
Hoe huilsing die wind
in die quarrysloot?
oor die godekind –
wie het haar sielsgenoot ……..?
©Elizabeth Grreef
6 Kommentare
-
-
Koekekranka
Ek dink jy het hier wel gedaan!!! Baie geluk.
-
neels
ek sê ook welgedaan Elizabeth. Altyd goed om jou werk te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Puik gedoen Elizabeth