Hemelwense
ek wens ek kon jou my woorde wys
meeste is oor jou
ek wens ek het nog gehad
wat ek om jou hart kon vou
ek wens dat ek ‘n dief was
jou hart sou ek steel
ek wens dat ek ‘n engel was
in die hemel sou ons speel
ek wens ek het sommer baie geld gehad
ek sou vir jou koop wat jou hart begeer
ek wens ons was arm
dat ons mekaar kon waardeer
vanaand het ek ‘n ster sien skiet
ek het my wense opgestuur in die nag
vanaand het ek op my knieë gaan sit
en gebid vir jou lag
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ons woorde is mos maar n uitvloeisel van ons siele... pragtig Niel