Jongste aktiwiteit:

Tyd

tyd is ‘n piksoen
toe oë
dis verby

tyd is die gryshaar
op oupa se kop
wat stories vertel

tyd is die traan
op mamma se wang
ek moet nou groet

tyd is ou hande
wat myne vashou
hulle was ook eens jonk

tyd is ‘n liedjie
hy speel al
so kom ons dans

tyd vlieg
so maak toe jou oë
en vat jou kans




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak