Jongste aktiwiteit:

DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 4

Kas besluit om n besoek aan Stefan Botes te bring en aangesien dit sterk te betwyfel is of die man op kantoor sal wees soek hy hom by sy luukse woning op.

By die hek is n hekwag en moet hy die rede vir sy besoek aankondig en ook sy identifikasiekaart toon. Die hekwag telefoneer eers huis toe en dan word die hek oopgemaak dat Kas kan ingaan. Soos hy in die oprit opry gly sy oog oor die pragtige groen grasperke en die keurige struike met gekleurde blomme op sekere plekke. Die tuin spreek al klaar van weelde en rykdom en toe hy voor die huis stilhou staan die deur alreeds oop en staan daar n bediende in n wit uniform hom en inwag.

“Middag kaptein, mnr. Botes wag reeds in sy studeerkamer op u, u kan my net volg asseblief”, en met die begin die bediende voor hom uitstap. Soos hulle deurstap na die studeerkamer toe gly Kas se oog oor die luukse tapyte wat hulle op loop en die duur skilderye teen die mure. Duidelik is hier geen gebrek aan geld nie, is die gedagte wat hy vorm soos hulle aanstap.

By die studeerkamer gekom klop die bediende liggies aan die deur en n paar oomblikke later maak Stefan Botes die deur oop. Hy knik vir die bediende wat dadelik verdwyn en stel hy himself voor: “Stefan Botes. Kom gerus binne kaptein en kom sit”.
Die studeerkamer is net so luuks met n luukse lessenaar en leer stoele. Aan die mure hang drie egte skilderye, stille getuienis van die luukse lewensstyl wat in die Botes huishouding gehandhaaf word

Stefan nooi Kas om te gaan sit verneem Botes: “En waaraan het ek hierdie besoek te danke Kaptein?”.

Kas val dadelik met die deur in die huis: “Mnr. Botes ek wil eerstens my innige simpatie met jou betuig met die dood van jou vrou. Ek ondersoek die noodlottige ongeluk waarin jou vrou gistermiddag op slag dood is en wil jou graag n paar vrae vra. Ek besef die tyd is sekerlik ongeleë maar ek kan ongelukkig nie anders nie”.

Botes frons: “Kaptein was dit nie maar net n gewone ongeluk nie, jy is reg, dit is in elk geval n baie ongeleë tyd om vrae te beantwoord en kan jy my dalk eerder meedeel wanneer haar liggaam vrygestel gaan word sodat ons kan begin met die begrafnis reëlings”.

Kas laat hom nie afsit nie. Wat hom dadelik opval is die koel manier wat hy hanteer word: “Mnr. Botes ek sal jou laat weet wanneer die liggaam vrygestel sal word. Ons wag nog vir sekere toetse se uitslae maar daar is ander dinge wat pla wat dit laat lyk of daar gemene spel betrokke was in hierdie ongeluk en dit nie net n gewone ongeluk was nie”.

Kas hou Botes fyn dop en is dit tog vir hom of die man bleek word toe hy vra: “Op grond van wat maak u hierdie bewering kaptein”.

Kas kyk Botes indringend aan: “Volgens n ooggetuie het u vrou se motor se remligte aangekom, sy moes dus die rempedaal getrap het, maar het die motor nie spoed verloor nie. Daar is remoliekol en merke op die teer gevind en begin die vermoede ontstaan dat daar met die remme gepeuter is. Ons forensiese mense is tans besig om die voertuig te ondersoek en behoort ek later vanmiddag n defnitiewe aanduiding te hê of daar wel met die remme gepeuter is en dan het ons n moordklag hier”.

Botes trek sy asem stadig in en dan skud hy sy kop: “Onmoontlik kaptein. My vrou het gaan vyande gehad nie en was n baie gewilde vrou in die kringe waarin ons beweeg. Sy was ook n baie gewilde vrou onder haar kliënte. Ek kan nie dink aan iemand wat haar so haat dat iemand haar sou wou verongeluk het nie”.

Kas staan op en Botes staan ook op. Kas haal sy kaartjie uit en oorhandig dit aan Botes met n opmerking: “Mnr. Botes, daar kan ander redes ook wees maar as sy werklik vermoor is sal ek die skuldige kry”.

Botes swyg en stap saam met Kas tot by sy motor waar hulle groet met Kas se laaste woorde aan Botes: “Mnr. Botes is iets u dalk byval laat weet my dadelik asseblief”.

Botes knik sy kop en Kas skakel sy voertuig aan en vertrek met n glimlag. Hy is seker daar is nou n saadjie tot nadenke by Botes geplant en sit hy in sy gedagte vir Stefan op sy lysie van moontlike verdagtes. Die man is net te kalm na sy sin. Die hek gaan geruisloos om hom uit te laat en is Kas oppad kantoor toe.

Net voordat Kas wil gaan kom luitenant Fouche sy kantoor binne, baie opgenwonde: “Kaptein ons het n bewysstuk dat daar met die remme gepeuter is”.

Kas gaan sit weer en kyk Fouche vraend aan; “Dis goeie nuus luitenant, ek wag in spanning”.

“Die rempypie na die regtervoorwiel is in die die botsing verwoes toe die wiel afgeskeur het. Die linkervoorwiel se rempypie het ons onbeskadig deur die botsing gekry. Die feit dat die oorledene links geswaai het om n botsing te vermy het veroorsaak dat die linkerkant van die voertuig nie so erg beskadig was nie. Op die buig is daar n stukkende plek, duidelik was die pypie so halfpad deurgesaag. Ek sal more die bewysstuk saam met my verslag indien. Ek is net besig om die onderstel vir vingerafdrukke deur te gaan en ook die pypie”.

Kas bedank Fouche en gaan sit agter sy lessenaar. Sy eerste gedagte is wat die motief hiervoor kon gewees het. Geld kon dit sekerlik nie gewees het nie. Hy skakel die moontlikheid van n ongelukkige huwelik ook uit want dan kon hulle net geskei het, tensy Botes nie kans sien vir wat sy in die geval van n egskeiding eis nie. Wat oorbly is die moontlikheid van n derde party. Dalk he Botes n skelm verhouding gehad wat nog op die lappe moet kom.

Kas skryf die moontlik motiewe op n stuk papier neer en omkring derde party voordat hy die vel papier in die dossier sit.

Woensdag oggend toe Kas op kantoor kom lê die forensiese span se verslag vir hom en wag saam met die pypie in n plastieksakkie verseël om as bewysstuk te dien.
Kas lees die verslag vinnig deur en glimlag by homself. Nou het hy n moordsaak om te ondersoek en is speeltyd verby. Ook die pataloog se verslag is daar. Behalwe vir die gewone is daar ook n verslag wat dit staaf dat Laurika Botes nie onder die invloed van dwelms of drank was nie.

Kas besluit om vir Stefan Botes weer te besoek. Hierdie slag kry hom nie by die huis nie maar wel op kantoor waar hy eers deur Marie de Villiers ontvang word. Nadat hy sy identifikasie getoon het skakel sy vir Stefan wat versoek dat Kas ingelaat word.

Stefan se kantoor is net so luuks soos sy kantoor by die huis en nadat hulle gegroet het gaan sit Kas op Stefan se uitnodiging.

Kas val dadelik weg: “Mnr. Botes ons het die bewyse gekry dat daar met jou vrou se motor se remme gepeuter is. Die een toevoerpypie was half deurgesaag. Ongelukkig is die ander pypie in die botsing vernietig”.

Kas swyg en hou Stefan stip dop. Dit is duidelik dat die man skielik ongemaklik voel maar dan antwoord hy: “Kaptein wat probeer jy nou vir my sê? Wil jy beweer dat my vrou vermoor is”.

Kas antwoord: “Mnr. Botes ek open n moord dossier en ek moet jou dus weer vra of jy van enigiemand bewus is wat dalk jou vrou uit die pad uit sou wou hê? O en jy kan maar begin reël dat haar liggaam afgehaal word. Die pataloog het n doodsertifikaat uitgereik wat jy saam met die liggaam by die polisie lykhuis kan kry”.

Kas swyg n oomblik en hou Botes stip dop voor hy aangaan: “Meneer Botes ek vermoed iemand baie na aan jou vrou het iemand gehuur om met haar motor se remme te peuter. Iemand wat baie daarby gaan baat as sy uit die pad uit is wat nou die geval is maar ek kan u verseker, kry sal ek hom of haar kry”.

Vir Kas is dit of Botes asvaal word voor hy antwoord: “Kaptein wat ek kon gesê het het ek gesê. Wie my vrou so gehaat het weet ek nie”.
Kas staan op en verlaat Botes se kantoor sonder n woord verder. Dat Botes n skok weg het het sy hele gesig verraai en Kas plaas hom eerste op die verdagtelys.

Terug op kantoor roep kolonel le Grange hom in. Nadat hulle gegroet het en Kas gaan sit het lig hy kolonel le Grange in: ‘Kolonel ons het onomstootlike bewyse dat die rempyp half deurgesaag was. Dit staaf dis Vermeulen se verklaring. Die lykskouing se verslag dui daarop dat daar geen alkahol of dwelms betrokke is nie”.
Woordeloos skuif le Grange die koerant voor Kas in en wys met sy vinger na die berig van die ongeluk.

Laurika Botes, n 25 jarige sakevrou, is Maandag middag op slag dood toe sy met haar motor van agter af in n vragmotor vasgery het wat by n rooi robot gestop het. Volgens n ooggetuie het haar motor se remligte wel aangekom maar wou dit voorkom asof haar motor nie spoed verminder het nie. Sy is die eggenote van Stefan Botes, n sakekonsultant in die stad. Die polisie ondersoek die saak.

“Kaptein, ek gaan n perskonferensie belê vir vanmiddag. As ondersoekbeampte wil ek jou teenwoordig hê. Ons gaan die pers meedeel dat ons besig is om die saak te ondersoek en enigeen met inligting na vore moet kom. Dalk het iemand êrens iets gesien”.

“Ek gaan in elk geval nou n besoek aan die parkeer garage bring waar sy haar motor altyd parkeer. Ek het n vermoede dat daar is wat met die remme gepeuter is. Dalk kom daar iemand na vore wat ons kan help om meer lig op die saak te werp”, antwoord Kas.

Le Grange knik sy kop en Kas vertrek na die parkeer garage toe. Hy kry die plek waar Laurika se motor geparkeer was maklik want van die besigheids eienaars se plekke is gereserveer met n naamplaatjie teen die muur. Hy kan egter niks op die sement opmerk nie en begin hy van die skoonmakers wat daar rondstaan ondervra. Nie een van hulle het egter iets gesien nie. Hy gaan besoek Laurika se salon maar die is duidelik gesluit.

Dit is met die terugkomslag wat een van die skoon makers Kas nader: “Meneer, my naam is Koos Moutong. Hier was Maandag so lang man wat in n “overall” van “City Mini” was. Hy het n ‘toolbox” by hom gehad en was onder miesies Botes se kar vir n minuut of twee”.

“Hier is dit”, dink Kas by homself en vra dadelik: “Sal jy die man erken as jy hom sien”.

“Ek sal hom erken. Was so lang man met swart hare wat hy agteroorkam en hy het merke in sy gesig”.

“Waar is jou supervisor. Ek wil hom vra dat jy saam met my na my kantoor toe kom om n verklaring af te lê en dan gaan ons City Mini toe dat jy kan kyk of jy die man daar sien”,vra Kas.

Hulle kry die toesighouer vinnig in die hande en gaan die skoonmaker saam met Kas kantoor toe om n verklaring af te lê. By City Mini verneem Kas eers of hulle iemand die Maandag gestuur het om aan Laurika se voertuig te werk maar die antwoord is negatief. Die skoonmaker kan ook nie iemand uitwys wat soos die verdagte lyk nie en neem Kas hom terug werk toe.

Kas kyk vinnig op sy horlosie toe hy die skoonmaker afgelaai het en sien hy het nog bietjie tyd voor die perskonferensie. Iets jaag hom weer City Mini toe en vra hy om met die werkswinkel bestuurder te praat. Hy word in Koos Roets, die werkswinkel bestuurder, se kantoor ingebring waar hy homself aan Koos Roets voorstel.

“Mnr. Roets jy weet seker van die tragiese ongeluk waarin Laurika Botes oorlede is’, vra Kas.

“Ek weet daarvan kaptein en sy was een van ons kliënte. So pragtige mens”, antwoord Roets.

“Mnr. Roets ons het bewyse dat daar met haar motor se remme gepeuter is. Volgens een van die skoonmakers in die parkeergarage waar sy haar motor gereeld parkeer was daar Maandag n man in n Citi Mini oorpak wat vir n paar minute onder haar motor was. Volens die ontvangs is niemand gestuur om aan die motor te werk nie en is die motor onlangs gediens. Ek het met die tegnikus wat die motor gediens het gepraat en hy sê dat daar niks verkeerd met die motor was nie”.

Roets krap sy kop: “Kaptein kon die skoonmaker die persoon beskryf”.

“Lang man met swart hare wat hy agteroorkam met merke in sy gesig”, antwoord Kas.

“Klink vir my na Langes Naude kaptein maar hy werk nie meer hier nie. Ek het hom n maand terug afgedank omdat sy werk nie na wense was nie. Ek het begin vermoed dat hy met dwelms hier op die perseel smokkel en dit kon ek nie duld nie”.

“Dit verduidelik waar die oorpak vandaan kom. Het jy n dalk n foto van hom in sy leër mnr. Roets”, vra Kas.

“Sit so oomblik kaptein, ek gaan kry gou vir jou n fotostaat van sy ID by personeel. Daar sal een wees en dalk kry ek vir jou sy adres en telefoon nommer ook”.

Koos Roets verlaat Kas se kantoor en om die tyd om te kry terwyl hy wag sien hy n Mini op n hyser staan. Uit nuuskierigheid stap hy nader en loer onder die motor in. Kas is n ou motor liefhebber en weet dus redelik baie van motors af.

Hy beskou die rempype na die voorwiele toe en dan sien hy waar die pyp van Laurika se motor deurgesaag is op n buig is, beslis n swakplek wat die remvloeistof geleidelik sal lat uitspuit elke slag as daar gerem word.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak