
duskant
soos ‘n pofadder lê hy daar
genestel in die droë sand
windhope bedek soms sy lyf
so hier en daar ‘n tolbosgryp
ver uit luderitz se misgordyn
kronkel sy lyf, oos na die grens
selfs met sy nuwe blink beslag
is daar weinig verkeer wat wag
by prieska lê verwagting nog stil
honderde jare se voorgespelde wil
om hulp oor die kronkelende lyf
hoopvolle gedagtes te realiseer
duskant uit die deeskant denke
maak tweifel hartseer stredes
oor die ou slang se kartels
wat net verder verroes, vergaan
Ó Tearlach.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
HENN
Pragtig