Een duisend letterangskikkings later
Een duisend letterrangskikkings later
die lettersetter van al my dig
stap stil soos sonde tot buite my sig
verse wat so maklik kom nes het in my gees
oor my geleefdheid se knak en kneus
en die bangte van my vrees
en van my verkeerd se wees
is geperkament op my oopgroefsenuwees
drange en drifte het uitgewoed met swier
skerppunt ammunisie se potloodpunt snelvuur
uitgeskiet op ‘n melkweg van wit papier
by my stolspoor se kruiswisselsinjaal
moet ek weer terugklim
nog ‘n maal
vir myself en my taal …
(C)MCH
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Augustus 2024 – SKULDLAS projek