Jongste aktiwiteit:

Tussen lig en donker

Tussen Lig en Donker

© Ryno 2026

In my lig is daar donker. In my donker is daar lig.

Sou my siel wou sug, soek ek die lig.

Ander slaan die vlug, te bang om te kyk wat hul ontwrig.

In my lag is daar huil, in my huil is daar lag. Die donker het ek vermag.

In my wêreld van donker lig en hartseer lag, vind ek dit waarvoor jy so lank wag.

Saans rus ek sag, want ek kon wees, ek kan lag.

Waarom jou vermaak met pleisters en maskers as ek myself kan wees?

Lig kan bring vir die in donker, donker vir die wat die lig wil vermy.

Elkeen skitter op sy eie manier.

Die lewe dra geen banier.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed