Jongste aktiwiteit:

Die mot

Die Mot

© Ryno du Plessis 2026

Donker nagte roep die mot.

Dowwe lig is sy bestaan.

Sirkels van groot na klein

dans die mot tot by sy sit.

Waarom vir hom in die son laat skyn?

Dit maak hom juis verdwyn.

In die donker geniet die mot

sy lewe vry.

Skoenlappers sal dit nooit kan begryp;

sonder son sal hul wegkwyn.

Skoenlapper, sou jy die nag oorleef,

is dit tevergeefs.

Hier in die wêreld van ’n mot

sal jy nooit baas kan wees.

✒ Ryno du Plessis

© Ryno du Plessis 2026 Alle regte voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed