
Blaarverlorenes
Blaarverlorenes
‘n blaar
het
ge-
val
soos Boerneef
se bergansveer
by Woeperdal
maar ek
ek’t die blaar
op-
ge-
tel
tussenin
ons klaar
geleesde blaaie
hartsdieprooi
g
e
p
a
r
s
waar dit
plek-plek
bloedbevlek
met vuurtong brandkeel
letters vlamrooi stemverdroog
ek wou jou daar
wegsteek, vergeet
maar
‘n traan het
g
e
v
a
l
soos Boerneef se bergansveer
by Woeperdal
bly ons vir mekaar
v
a
l
Elizabeth
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Die vorm van hierdie werkie trek nie maar bloot net aandag nie - dit adem vindingrykheid wat meer emosie en nostalgie blootlê as wat dit met die eerste oogopslag voorgee. Baie dankie dat ek kon deel!