plaasfees (silwer)
plaasfees
dis tyd om huis toe te gaan
na die plek waar my siel kan rus
daar ver op ons familieplaas
waar Pa en Ma en Wagter is
dis ‘n plek waar ek tuis voel
al loop ek my eie pad
en die liefde roep my telkens terug
na die grondpad wat my huis toe vat
die vrede kom sit warm in my lyf
wanneer die sinkplate sug en kreun
terwyl ons weerligte in die weste kyk
en druppels op die stoepdak dreun
dis Pa se stories en Ma se kos
wat almal bymekaar laat kom
en die kuiers in die groot kombuis
laat gaan die tyd te vinnig om
die bekendheid vou my snoesig toe
as ek in my kinderkamer lê
en ek wens ek kon als wat ek liefhet
vir altyd so naby my hê
© Hester Steenkamp
3 Kommentare
-
Driekie
Wat 'n pragtige, sielvolle gedig, treffend verwoord.
-
Fanus Strydom
Ek LIEF jou gedig, Hester!! Vat my terug na ons plaasstoep toe en inspireer my om nog 'n plaasstorie te skryf.... Welgedaan en baie dankie!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2022- Samesyn projek