Jongste aktiwiteit:

ProjekteAugustus 2024 – SKULDLAS projek

Beste INKers

Die “verfrissende” winter steek steeds sy tentakels uit, maar ek vertrou dat die deelname aan die projekte ‘n warmte bring in ons Afrikaanse siele.

Hierdie maand ondersoek ons die onderwerp: “Skuldlas”.

Dit is nie noodwendig finansieel nie, maar kan enige vorm van skuld aanneem. Soms voel ons skuldig oor kanse wat verbeur is, take wat nie afgehandel is nie, of bloot net omdat die geleenthede om lief te hê nie beantwoord is nie. Gebruik die tema en behandel jou interpretasie daarvan in welke genre ookal.

Ek maak geen verdere reëls nie, en vertrou dat die tema genoegsaam is om jul skitterwerk te inspireer.

Ek wil wel meld; September gaan ‘n oop tema wees, maar in Oktober gaan die opdrag baie streng genre-spesifiek wees aangesien ons lanklaas rigied deelgeneem het.

Ek vertrou die onderwerp sal juwele lewer.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Groete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Augustus 2024 – Skuldlas projek – Wenners en kommentaar Baie geluk aan hierdie 10 lede!   WENNERS: GEDIGTE: Brons: (1) No 4           Coenie Horak met Sinkretisme (2) No 33         Retha van Deventer (Pikettie) met Die hel in my (3) No 5           Coenie Horak met Een duisend letter rangskikkings later   Silwer:      […]

skuldlasstorm – Brons tussen opdrifsels van eens vind ek jou soos dryfhout in gedagte-chaos klou ek soos ‘n drenkeling aan versengende herinneringe ek hoor jou laaste kinderrympie in die flenterfluister van gebroke skulpe en staar stiksiende deur seewierwimpers na meeue se strompelvlug ek proe weer en weer die skeidingstrane wanneer seesproei traag oor my lippe […]

die hel in my – Brons in die holte van gamkaskloof waar waterstrome ongeknel vertel van sorgelose rotsformasies wat sorgvuldig opgestapel oorhel en dagsome drome knus omvou verlate ongeskonde wissel fauna en flora gemeenplasies oor die skuldlas in my aan hul toevertrou en agtergelaat soos eggo’s teen loodregte kranse om weer my ekwilibrium te vind […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed