Bly soet
Jy gee my ‘n rede
rede te glo
al is dit net op ‘n reukspoor
‘n stukkie van jou
vir nou
Vonkel konkel
toor jy die bitter aalwynblom
tot ‘n ranonkelrooi ballon
en strooi vol soet geluk oor hom
Soet en salig
soos sekelmaan
sal ek met soete drome
aan die slaap raak
4 Kommentare
-
-
Koekekranka
Pragtig sag en uit die hart...
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Ek hou van jou aanhaling van Elvis Blue in jou eerste strofe.. pragtig!