Met Jou In My Hart…
Ek het vanoggend wakker geword,
met jou in my hart,
die beste gevoel ooit,
net jou hand in myne gekort.
Ek wil jy moet weet,
dat jy heeldag daarin bly,
ek kan dit voel,
voel hoe jy ook heeldag in my gedagtes rondry.
So laat ek vanaand in jou hart wees,
wanneer jy jou oë toemaak,
hoef jy niks te vrees,
want dan sal jy heel aand voel,
hoe ek jou met my liefde aanraak.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou
2 Kommentare
-
Palet
Sagte woorde, mooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi Timmie