Jongste aktiwiteit:

My Tydperk is Picasso . . . . .

My tydperk is Picasso –
die fjord het saffier gevries.
Hier,
waar ek smag na my Suiderson,
(soos ñ pasgebore kalf na sy Ma se bies),
word die tinwolk ñ duif
se vergeefse wegfladder met geknipte vlerk;
die sneeutrosse ‘n somerrypdruif
aan die druilerige takke van ñ naakblou Berk.

En in die Rendier se sambrelekroon
fantaseer donsiggeel my Soetdoring’s bloei,
waarin skubbe-Ouvolk woon
as die beeste kopspelend
kraal toe aanloei.

O my son!
my Madeliefie van Doringbaai,
in hierdie diaspora-milieu
wentel so vêr, so vreemd, so sonneloos
Noorweë in die nag se draai –
Traanbreek in elke sterre-verskiet
my heimwee na ‘n land
se: “Uit die blou van onse hemel”
van Onse-Hemel-Lied!

©Elizabeth Greef




8 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak