Jongste aktiwiteit:

In die lied van sy Trompie

Ma-goed verlate,
eet hy uit vullisdromme,
slaap hy in asgate en ken hy geen somme
of geskiedenis of wetenskap,
maar krap hy in stormwaterpype
op soek na ‘n stompie om te rook
wanneer tandelose ou Tattas
in die nag se vriespunt-uur
hul konkas rooiwarm stook.

Dan,
vertel die lied van sy trompie,
van die voetpad berg-op daar op sy donkie –
van die kruie-geur
as hy alagter die klinge-linge-klokke van sy baardbekbokke
al hoër aanbeur –
en van die suurmelkkalbas
en die soetriet, mashonas en lekker pattats
daar, in die rooiwarm-as.

Tril ………….,
noot na noot,
tot ‘n spieëlbeeld in die rimpels;
tot wuiwende pampas alom die boot;
tot ñ helder vinkgesang,
tril ………..,
hol-en-bolwang,
hoe hy vir sy grootpram-Ma
blinklyfvisse vang,

Bring hy,
in die lied van sy trompie
met wye ivoorgebit
vir sy Ma die heel grote
vir haar, (so vrolik-om-die-vure)
se kosgee-aansit.

Elizabeth Greef




10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed