Jongste aktiwiteit:

Lotusressort

lotus

Lotusressort

(Heilige blom van die Boeddhiste, en in Griekse legendes ‘n blom wat vergeetagtigheid en dromerigheid veroorsaak)
Angsbewus,
geen sielerus,
elke sonskyndag net ‘n skyn
van onbekommerde samesyn—
Ag, om maar te kan droom
in die loom
van die lotus
se rus—
Elk versluierde mantelnag
‘n skynrus en misdaadklag
en sonskyn ‘n blink veneer
waaronder misdaad floreer—
Berei ‘n lotusbredie,
die gode se blommebredie,
eet en skink
nektar om die angste te versink!
Ag, om net te kan droom
in die loom
van die lotus
se rus,
om te kamp en tent opslaan
in rustige bestaan
by die lotusressort
ons sorge uit te stort!
Waar die lotuslelies blom
eindig die die reënboog se krom
daar vind jy ‘n gelukspot vol vrede
niks is ooit omstrede—
So onbereikbaar vaag lê die volmaaktheid
wat ons najaag in desperaatheid ,
die ontvlugting wat ons soek
met geen lengte en breedtegraadshoek—

Janetta – Helena [Babs]©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Arnold het ‘n nuwe publikasie gemaak