Sing of dans die lewe gee ons n kans
Sing of Dans, die Lewe Gee ons ‘n Kans
Deur: Ryno du Plessis
Hy wat die kitaar wil slaan, kort nog heelwat asem om by hom te kom wat die fluit kan blaas.
Tog kan geen asem die klavier laat dans nie.
Vinnige vingers kan die viool laat juig.
Sonder ritme maak die tamboeryn net geraas, en sonder ‘n goue stem kan jy maar sing laat vaar.
Die lewe is ‘n lied, elkeen kry sy kans.
Sou jy nie kan sing of speel nie, probeer dan net saam dans.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.