Jongste aktiwiteit:

Nanag Blues

Nanag Blues

Ek lê wakker,
wawyd wakker
in die vroeë nanag ure, want
die slaap is vort, die koffertjie gepak
in sameswering ook die meeloper muse – – –
Ek lê wakker,
wawyd wakker
en soos Dawid van ouds dink ek
oor die dae van die voortyd,
oor die ou ou jare
van my jonkheid en
sorgelose studente dae
lief en leed nog toekomsgebeure
vir later jare maar dit was
‘n baie lang pad tot nou toe – – –
Ek het so min geslaap met
my nanag blues want ek hoor
die voëltjies begin al hul luidrugtige
oggend gekwetter – – –
Janetta – Helena [Babs]©




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed