Bid
Staan op jou knieë,
laat dit eelte word.
Bid……
tot die God van Dawid,
Jakob en Josef.
Bid……
tot die natuur,
of ‘n beeld,
dit maak nie regtig saak,
maar bid totdat die heelal
knars en breek
en die binnekant van jou siel kan raak.
Dan ruk jy op, onder die kluite uit!
Weier om ‘n slagoffer te wees,
word ‘n Joan d’Arc, ‘n Rosa Parks.
Niemand kan jou ‘n “victim” noem,
as jy weier om met hierdie chaos te versoen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.