
Alles het nie verander
Alles het nie verander
Uitdrukkings raak verouderd want
tye verander alles raak moderner
maar nie alles het verander nie – – –
Die liefde het nie verander nie en
die oë lonk en lag nog soos van ouds,
haat afguns en nyd is onveranderd want
die oog se woede nyd en veragting skroei en
blits oor geslagte heen op dieselfde lees geskoei – – –
Het jy nie ‘n wa-benz wens jy vir enige ryding
en die os is nog op die ploegland,
die donkiekar rustig , leisels in die hand,
en die kers en die olielamp wag
betroubaar vir elke kragramp – – –
Dit is bloot gemaksug wat die saak deurhak,
dis bloot die gejaag om tyd, want tyd is geld,
wat die concord die lug laat klief het – – –
Modesiklusse verander alklaps elke jaar
en oues vergaar en wag hoopvol in die kas – – –
Hoe jy dinge sê of doen is relevant tot
die tydgleuf van jou bestaan – – –
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.